NewsSchools

Matrieks vier fees na resultate

Matriek-leerlinge feesvier nadat matriekuitslae deur die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, bekendgemaak is.

Derduisende matrikulante het Dinsdag gejubel en gejuig nadat die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, die finale matriekresultate bekend gemaak het.

Die top 20 matrikulante landswyd, waarvan drie Pretorianers is, is ook tydens ’n ontbyt in Sandton bekendgemaak.

Siphesihle Sithole van Makhosini School in Soshanguve, Wini-Louise Myburgh van Afrikaans Hoër Meisieskool in Brooklyn en Thabang Manamela van die Prinshof Skool het as die top drie matriekleerlinge van Pretoria uitgesonder.

Myburgh het ook as landswye top Wiskunde-leerling weggestap.

“Ek wens die Klas van 2013 geluk toe as die beste klas sedert die begin van demokrasie, en moedig elke leerling aan om verder as hul voorgangers te presteer en die beste van hoër onderwys, die werksplek en in hul algemene bydraes tot die samelewing te maak,” het Motshekga gesê. Sy het gesê nadat 562 122 voltydse matrikulante hul laaste eksamen geskryf het,die 78,2% slaagsyfer met 4,3% in vergelyking met 2012 gestyg het.

“Toe die matrikulante van vandag, in 1995 gebore is, was die nasionale matriekslaagsyfer 53, 4% in vergelyking met vandag se verstommende syfer. Ons mikpunt vir 2014 was 75%, maar ons het ons teiken met ’n jaar oortref,” het sy gesê.

Gauteng het ’n 87% slaagsyfer bereik in vergelyking met 2012 se 83,9%. Dus het Gauteng ’n 3,1% verbetering geniet.

’n Totaal van 85 122 Gauteng-matrieks het vanjaar geslaag. Teenoor verlede jaar, het 17,42% meer leerlinge met universiteitsvrystelling geslaag en kan dus by têrsiere opleidingsinstansies inskryf.

Pablo Mamonyane van Hoërskool Akasia het universiteitstoelating gekry en gaan hierdie jaar politiek by Tukkies studeer.

“Ek wil eendag ’n minister word. Maar intussen gaan ek eers vir ’n rukkie werk voor my studies begin.”

Callon Locke ook van Hoërskool Akasia het onderskeidings vir Afrikaans, Wiskunde, Lewensoriëntering en Biologie gekry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button