Baba L se ma moet vir sielkundige evaluasie gaan
Die 20-jarige ma en haar 36-jarige kêrel van Baba L het Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Die ma en haar kêrel wat op aanklagte van poging moord tereg staan op die mishandeling van Baba L se borgaansoek is Dinsdag tot 17 Januarie uitgestel.
Terwyl die 2-jarige Baba L haar derde week in die pediatriese hoësorgeenheid van die Steve Biko Akademiese hospitaal spandeer nadat sy vermoedelik mishandel is, het die 20-jarige ma wat saam met haar 36-jarige kêrel Dinsdagoggend in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.
Tydens hul borgaansoek het landdros Pierre Wessels aangedring dat Baba L se ma sielkundige evaluasie moet ontvang. Die saak is toe uitgestel tot 17 Januarie sodat verdere ondersoek gedoen kan word. Lede van die Boere Krisis Aksie en Helende Hand-gemeenskapsorganisasie het die hofsaal vol gesit. Baba L se ma was hierdie keer meer in beheer van haar emosies, maar het af en toe ‘n paar trane gestort terwyl sy oor haar skouer na haar gesin gekyk het.
Baba L se ma het in haar beëdigde verklaring gesê dat sy nie haar dogter enige leed aangedoen het nie en dat die hof dus nie ‘n sterk saak teen haar het nie. Sy het ook gesê dat sy die R10 000 borg kan betaal.
Verder het die verklaring gelees dat die kêrel na Baba L omgesien het terwyl die ma moes werk. Gedurende dié tyd het die kêrel beweer dat Baba L van die trappe af geval en net ‘n paar kneusplekke opgedoen het. Na ‘n ander voorval het hy beweer dat Baba L vanaf die wasmasjien afgeval het waarna sy na die hospitaal gejaag is. Volgens die ma is Baba L ontslaan en het dae later bewussyn verloor. Volgens die ma het hulle Baby L weer hospitaal toe geneem het waarna hulle gearresteer is.
Landdros Wessels het daarna gesê na aanleiding van die vorige hofverskyning, waar Baba L se ma skaars kon loop en aanhoudend gehuil het, dat sy vir sielkundige evalueering moet gaan voordat hy met die borgaansoek kan voortgaan en het die saak uitgestel tot 17 Januarie.
Lees ook:
