CrimeNews

Verkoopsagent met mes gewond

’n Verdagte is op Dinsdagmiddag in Johan Heynsweg in hegtenis geneem nadat ’n man na bewering met ’n vleismes gewond het.

’n Verdagte is Dinsdagmiddag deur die Moot-polisie gearresteer nadat ’n personeellid van Anton Louw Motors glo met ’n mes gesteek is.

Volgens Vivia Seidl, ’n verkoopsagent, het die verdagte hul kantore binnegestorm en opdragte in sy taal uitgeroep.

Peter Libisi, die gewonde verkoopsagent, het die ander personeellede probeer beskerm toe die verdagte hom na bewering aangeval het.

“Peter is in die bobeen en in die skeen met ’n vleismes gesteek. Was dit nie vir Peter nie glo ek dat die verdagte ons ook sou aanval,” het Seidl gesê.

caption 2 (Medium)

Die verdagte het glo die ander personeellede ook met die mes gedreig.

Seidl het die Moot-polisie ontbied binne minute op die toneel verskyn het.

Volgens kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, is ‘n waarskuwings skoot deur die polisie afgevuur in ‘n poging om die verdagte te tot bedaring te bring.

“Die verdagte het nie gehoor gegee aan die polisie se bevele nie en moes hulle ‘n skoot afvuur. Die verdagte wat op die toneel in hegtenis geneem is, is in sy been gewond.”

Weilbach het gesê die verdagte het homself as ‘n potensiële koper voorgegee.

“Die verdagte wou glo ‘n motor steel en het die verkoopsagent met ‘n mes gedreig om die motorsleutels te kry. Dié 24-jarige verdagte sal later in die hof verskyn op aanklagte van poging tot gewapende roof.”

Tshwane ambulansdienste asook International Medical Services het die verdagte sowel as die beseerde man na verskeie hospitale vervoer. MonAmi-trauma groep het die personeellede berading op die toneel gegee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button