CrimeLocal newsNews

Rowers skiet man in gesig

'n Besigheidsman in Kameeldrift is deur vyf rowers is in die gesig geskiet terwyl sy vrou langs sy lyk vasgebind lê.

‘n 50-Jarige man in Kameeldrift is op Woensdagoggend deur vyf gewapende mans by sy besigheid oorval en dood geskiet.

Volgens SAPD Sinoville polisiewoordvoerder Mirna von Benecke het die groep vermeende rowers dié slagoffer omstreek 06:30 oorval terwyl hy sy besigheid, wat aan sy huis gebou is, oop gesluit het.

Von Benecke het gesê die man se vrou, het vermoedelik die skote gehoor en kort daarna ondersoek ingestel.

“Twee van die verdagtes het haar gevind en na die kantoor geneem waar sy nog drie ander verdagtes opgemerk het.”

Von Benecke het gesê die vrou is naby haar man se lyk vasgebind terwyl die rowers, wat vermoedelik tussen die ouderdomme van 20 – 30 is, met hul besittings gevlug het.

Von Benecke het gesê dat ‘n saak van moord en roof ondersoek word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button