CrimeNews

Man aangeval deur groep mans

'n Man veg tans vir sy lewe nadat 'n onbekende groep mans hom aangeval en aangerand het.

‘n Man wat Vrydag na bewering drie keer met ‘n mes gesteek is in sy nier en ruggraat, ontvang vandag ‘n noodoperasie om sy lewe te red.

Emile Grosschutze was volgens ‘n vriend, Dirkie Vos, Vrydagoggend deur ‘n groot groep mans aangeval wat hom vermoedelik drie keer met ‘n mes gesteek het.

Vos het gesê dat Grosschutze vermoedelik in ‘n ander motorvoertuig gebots het by die Wonderboom-treinstasie in die noorde van Pretoria, waarna ‘n groep mans hom aangeval het.”Hy is tans by die Eugene Marais hospitaal in die Moot waar hy vanmiddag ‘n noodoperasie ondergaan om sy lewe te probeer red,” het Vos gesê.

Volgens kaptein Singo Maanda, woordvoerder van die Pretoria-Noord polisiestasie is ‘n saak van aanranding en poging tot moord by die Pretoria-Noord polisiestasie geopen.

Hy voer aan dat die polisie nog geen verdagtes vasgetrek het nie, en dat hulle tans besig is met verdere ondersoeke.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button