CrimeLocal newsNews

Rowers skiet vrou by Waverley haarsalon

Villieria-polisie op soek na twee verdagtes wat ’n vrou op Vrydagoggend in die skouer geskiet het.

‘n Vrou is Vrydag tydens ’n besigheidsroof by ‘n haarsalon in Trumperlaan in Waverley deur twee rowers geskiet.

Volgens Adjudant-offisier Marinda Swanepoel, woordvoerder van die Villieria-polisiestasie, het die twee gewapende mans omstreeks 10:00 Vrydagoggend die haarsalon binnegekom en vermoedelik ’n skoot met ’n 9mm pistool afgevuur.

Die saloneienaar is in die linkerskouer gewond. Twee ander vroue wat ook in dié haarsalon was tydens die skietery is vir skok behandel. Die verdagtes het sonder enige waardevolle besittings spoorloos verdwyn.

Die polisie en verskeie sekuriteitsmaatskappye is tans besig met ’n wye soektog en maan inwoners om op die uitkyk te wees vir enige verdagte persone in hul area.

“Hulle albei het blou denims aan terwyl die een ’n blou hemp en die ander een ’n gryshemp aan het. Dit lyk amper soos ’n tipe baadjie,” het Swanepoel gesê.

Frikkie Gous, woordvoerder van Lifemed-ambulansdienste en MonAmi Trauma Troops, het gesê dat hulle beraders na die toneel ontbied het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button