CrimeLocal newsNews

Eerstydse Weermag Geneesheer-generaal aangekla vir terreur

Geneesheer-generaal aangekla vir terreur; burgerreg organisasie soek gelyke regs-beregtiging.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n amptelike klag van onprofessionele en onetiese gedrag by die Raad op Gesondheidberoepe (RGSA) ingedien teen twee dokters wat in 1985 by ANC-bomaanvalle by onder meer supermarkte en winkelsentrums in die Durban-omgewing betrokke was.

Die dokters, lt.-genl. Vejaynand Ramlakan (voormalige geneesheer-generaal) en dr. Sibongiseni Dhlomo (huidige LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal), het albei voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie erken dat hulle gedurende die ANC se operasie Butterfly ploftoestelle verskaf het vir die uitvoering van ‘n reeks bomaanvalle op onder meer burgerlike teikens.

AfriForum het hierdie klag gelê kort nadat dr Wouter Basson deur die RGSA verhoor is vir optredes tydens die vorige bedeling.Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is AfriForum se klag daarop gemik om die grondwetlike beginsel van gelykheid voor die reg te beskerm.

“In die lig van die RGSA se besluit om op etiese gronde teen Wouter Basson op te tree weens dade tydens die konflik van die verlede, is dit billik om te verwag dat die RGSA ook op dieselfde etiese gronde moet optree teen mediese praktisyns wat tydens dieselfde konflik betrokke was by bomplantings waar mense beseer of gedood is of waartydens die moontlikheid bestaan het dat mense beseer of gedood kon word,” het Kriel gesê.

Hy het gesê dat ses ander mediese dokters het ook, onafhanklik van AfriForum se klag, klagtes by die RGSA teen Ramlakan en Dhlomo ingedien het.

Ramlakan en Dhlomo was gedurende die bomaanvalle praktiserende dokters en is steeds as dokters geregistreer. Ramlakan het voor die WVK betrokkenheid by die bomaanvalle in 1985 op die huis van die politikus Amichand Rajbansi en die Chatsworth-landdroshof erken. Hy het ook voor die WVK erken dat mense beseer is in van die ander bomaanvalle wat uitgevoer is deur mense wat onder sy bevel gestaan het.

Ook Dhlomo het voor die WVK erken dat hy ploftoestelle verskaf het vir onder meer die veelvuldige ontploffings op 27 September 1985 in Durban by onderskeidelik die OK Bazaar, Game, Spar en Checkers. Ander voorvalle waarby hy betrokke was, was die ontploffings in dieselfde jaar by die Grosvenor meisieskool en die Executive Hotel in Umlazi. Dhlomo het ook vir Andrew Zondo, wat die Amanzimtoti-bom geplant het waarin burgerlikes dood is, vanaf die Swazilandse grens na die Durban-omgewing vervoer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button