CrimeNews

Beweerde dodelike vleis in Moot gevind

Besmette vleis, glo dodelik vir diere, is in 16de Laan gevind.

‘n Groot sak vol stukke vleis met beweerde Two Step-gif is onlangs in Rietfontein gevind.

Clinton Sulter, lid van BMWcid-buurtwag, het Maandag in Rietfontein tydens patrollieroetes dié ontdekking gemaak. Hy vermoed dat die vleis onlangs in ’n reeks hondevergiftigting-gevalle gebruik is.

Sulter het gesê daar is reeds drie honde in die area vergiftig is waarvan hulle een geval op beeldmateriaal opgemerk het.

“Misdaad is ’n groot bekommernis in die omgewing veral met verdagte persone en voertuie wat die afgelope ruk gereeld in verskeie areas opgemerk word,” het Sulter gesê.

Selfs dwelms, veral by spruite en parke, skep ’n geweldige bekommernis vir die polisie, buurtwagte en inwoners.

“Gelukkig kan ons hulle deur gemeenskapsbetrokkenheid vastrek. Hulpvaardige inwoners dien as die oë en ore van die polisie en ek moedig hulle aan hom aanhou betrokke te raak deur om vir ons inligting deur te gee,” het Sulter gesê.

Hendrik van der Westhuizen, voorsitter van BMWcid, het gesê dat misdaad nog altyd ’n probleem was.

Hy het gesê ’n onlangse gewapende roof in Cunninghamlaan, die haarsalon eienaar wat in Trumperstraat geskiet is en die beweerde kaping in Baviaanspoortweg is kommerwekkend.

“Ek moedig inwoners aan om by ons radioprojek aan te sluit om hul eie veiligheid en die van ander te bevorder.”

Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, het gesê dat daar wel in die afgelope maande gevalle van hondevergifting by hulle aangemeld is en hulle versoek inwoners om enige verdagte persone of voertuie so gou as moontlik aan te meld.

Volgens Jerling is dwelms ’n groot probleem veral by die Trimpark in Wonderboom-Suid. Hulle voer gedurig arrestasies by dié park uit en alle arrestasies word deur die systeem gehardloop om te kyk of die verdagtes met enige ander sake verbind word.

Adjudant-offisier Marinda Austin, woordvoerder van Villieria-polisie, het gesê dat hulle nie enige onlangse klagtes rakende hondevergiftiging het nie, maar dat hulle wel ook probleme met dwelms in hulle polisiëringsarea het.

Van der Westhuizen stem saam dat gemeenskapsbetrokkenheid ’n belangrike rol in die omgewing speel om misdaad in die area te bekamp.

Hy het gesê hulle gaan in komende weke gratis misdaadtoneelbestuurs- asook noodhulpkursusse vir die gemeenskap aanbied om hulle beter voor te berei indien tragedie tref.

Navrae: Hendrik van der Westhuizen by 076-052-8978.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button