CrimeLocal newsNews

Man met panga aangeval

'n Man wie se arm deur 'n panga oopgekloof is terwyl hy sy seun van 'n aanvaller verdedig het sterk tans aan.

‘n Dapper pa wie se arm met ‘n panga oopgekloof is terwyl hy sy seun bygestaan het, sterk nou by die huis aan.

Renier van der Westhuizen van Wolmer is Saterdagaand omstreeks 20:00 deur ‘n onbekende man met ‘n panga aangeval. Hy het ondersoek gaan instel nadat sy seun, Micky (18), hom vroeër die aand vertel het dat ‘n man met ‘n panga hom gedreig.

Die man het op die hoek van Bakenkloof- en Pagelstaat gestaan.

“Toe ek die ou konfronteer sê hy, hy gaan my in stukkies kap,” het Van der Westhuizen gesê. “Die man in sy 30 jare met krullerige hare het toe op my en my seun afgestorm.”

‘n Ooggetuie Engela Murray het gesê die pangaman het eers Van der Westhuizen se seun aanval. Die pa het sy seun (Micky) verdedig en in die proses is sy linkerarm oopgekloof. “Daar was ongelooflike baie bloed,” het sy gesê.

Volgens Van der Westhuizen het hy die man met ‘n vuis bygekom voordat hy besef het hy is beseer.

Murray het dadelik met behulp van haar noodhulptassie die bloeding probeer stop.

Van der Westhuizen en Micky het ook tydens die stoeiery verskeie ander snyplekke opgedoen. Die pagaman het toe spoorloos verdwyn.

Van der Westhuizen is onmiddellik na die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa geneem waar hy ‘n operasie ondergaan het. Hy is Woensdag ontslaan en sterk nou tuis aan.

“Ek het nog steeds in erge pyn,” het Van der Westhuizen gesê terwyl sy beseerde arm deur ‘n selfgemaakte slinger bo sy bed hang.

Hy gaan ‘n klag van aanranding by die Pretoria-Noord polisie aanhangig te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button