CrimeNews

Gesoekte vrou bring gemeenskap bymekaar

Twee verdagtes is in hegtenis geneem wat moontlik verbind kan word met ’n vrou se verdwyning Maandagaand.

Twee verdagtes, wat na bewering verbind word met die verdwyning van ’n vrou Maandagaand in Irene, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Volgens adjudant-offisier Antoine Botha, is twee verdagtes in die omgewing van die Smuts-huismuseum gearresteer. 

Ongeveer 200 mense het aan die soektog na die vrou in die omliggende deelgeneem.

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is Maandag na 18:00 in kennis gestel dat die vrou, wat gereeld met haar vier honde in die woud by Smuts-huismuseum stap, moontlik vermis word.

Volgens Frans Esterhuyse, ’n polisie-reservis by Lyttelton-polisie en ’n lid van Lyttelton sektor 3 GPF, het twee senior burgers, van ’n aftreeoord vir weermagveterane langs die Smuts-huismusuem, opgemerk dat twee van die vrou se honde verwilderd om haar kar hardloop. Die voertuig was voor die aftreeoord geparkeer

Toe die honde weer terug in die veld in verskillende rigtings gehardloop het, het die bejaardes besef iets is verkeerd is, het Esterhuyse gesê.

Onder meer het lede van die GPF sektors 1 en 4, Lyttelton-polisie sektor 2, polisielede van Wierdabrug-polisiestasie en drie private reddingspanne aan die soektog deelgeneem . Soos wat die nuus soos ’n versprei het, het meer mense van die omgewing betrokke geraak.

“Ons het vir ’n paar uur in die bosse gesoek, maar toe dit begin donker word het ons onttrek om die groepe vir die soektog te herorganiseer ,” het Esterhuysen gesê.

’n Sekuriteitsmaatskappy het ook ’n helikopter in die lug opgestuur in ’n poging om die vrou te vind.

Teen 21:00 het Esterhuyse die vrou teen die bult sien afstap. “Sy was verwilderd en verbouereerd en duidelik erg getraumatiseer.”

Volgens Esterhuyse is die vrou na die Unitas-hospitaal geneem.

Die woordvoerder van Lyttelton-polisie, adjudant-offisier Antoine Botha, kon geen verdere inligting verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button