MunicipalNews

Sloping laaste uitweg meen metro

Die sloping van die ou verlate munisipale gebou in 22ste Laan, tussen Hertzog en Louis Trichardstrate, sal die heel laaste uitweg wees. Instussen beoog die Tshwane-metro om die gebou te herstel.

Die munisipale gebou in Rietfontein sal net as ’n laaste uitweg gesloop word.

Raadslid Elmarie Linde, BMWcid-buurtwag en die inwoners het versoek dat die gebou in 22ste Laan, tussen Hertzog en Louis Trichardstrate, gesloop word omdat dit glo kriminele elemente lok. Hulle gebruik die gebou glo ook om gesteelde goedere weg te steek en vinnig te verklee as die polisie na hulle soek.

“Sloping sal ‘n laaste uitweg wees omdat ons ’n verantwoordelikheid teenoor parkieverbruikers het om toiletgeriewe aan hulle te verskaf,” het Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, gesê.

“Die toilette gaan so gou as moontlik herstel en skoongemaak word en alle gestoorde items sal verwyder word. Ons sal verseker dat die toiletgeriewe gereeld skoongemaak en instand gehou word,” het Bokaba gesê.

Die geriewe sal saans gesluit en vroegoggend oopgesluit word.

Bokaba het gesê die metro sal, in samewerking met die Tshwane-metropolisie, vooruit planne beraam om die veiligheid daar te verbeter.

Intussen gaan die metro met Linde en die gemeenskap in verbinding tree om Adopt-a-Spot-projek met hulle te bespreek. Die doel daarvan is dat die gemeenskap help met die verantwoordelikheid om die gebied te beveilig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button