Groen het ’n nuwe betekenis gekry vir die leerlinge van die Laerskool Menlopark en Parkieland Kleuterskool, nadat elkeen Woensdagmiddag (26 Februarie) met ’n boom onder die arm huis toe is.
The Success Academy, in samewerking met Willow Feather Farm, het by ’n spesiale seremonie 1 055 bome aan die leerlinge van die skool gegee het as deel van hul “Save our Planet – Plant a Tree”-projek.
Volgens mnr. Charl du Toit, besturende direkteur van akademie, is dit sy droom om 150 000 bome in en om Pretoria te plant. “Dit is egter onmoontlik om dit self te doen, daarom nader ons die skole om ons te help om hierdie doelwit te bereik.
“Op die ou einde doen ons kinders dit eintlik vir hulself. Dit is hulle wat in die toekoms die voordeel van hierdie projek gaan geniet as ons nou reeds begin om die Aarde te versorg en te beskerm,” het hy gesê.
