Vanjaar is daar 23 tweeling by Laerskool Rooihuiskraal in Centurion ingeskryf waarvan agt pare tweelinge identies is.
Die jongste tweeling is Jayden en Jaylene le Roux (4) in graad R en hulle tweeling nefies Luandre en Hanlu Bronkhorst is in graad 2 van dieselfde skool.
Twee van die tweelinge se ma’s is ook personeel by dié die skool. Elize McCabe, die ontvangsdame, se tweelingdogters, Alisha en Monique is in graad 1. Magda de Beer, wie vir die graad 1’s onderrig gee, se dogters, Karin en Jane, is in graad 6.
Ook op die foto is die tweeling onderwysers Leon en Deon Lubbe wie ook by Laerskool Rooishuiskraal skool gegaan het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
