Editor's choiceGalleriesLocal newsNewsNews galleries

Kleuters oorleef gru-ongeluk

'n Vrou, moontlik 'n kleuterskool onderwyseres, wat met twee kinders in haar voertuig gery het, is opslag dood in ongeluk.

Twee kleuters is Donderdag erg getraumatiseerd nadat die bestuurder van die motor waarin hulle vervoer is beheer oor die voertuig verloor het en die voertuig gerol het. Die bestuurder is opslag dood.

Die bestuurder is ’n vrou in haar laat 30s en het klaarblyklik twee kleuters, nie haar eie, vervoer toe sy beheer oor haar voertuig verloor het en ’n lamppaal getref het.

Volgens Lifemed-ambulansdienste se woordvoerder Frikkie Gous kan niemand nog bepaal hoe die ongeluk gebeur het nie. “Volgens bandmerke op die pad het mense afgelei dat sy oor die pad geswaai het, ’n paar lampale getref, teen ’n muur gebots en ten einde weer teen ’n lamppaal tot stilstand gekom het,” het Gous gesê. Hy het bygevoeg dat daar geen remmerke op die pad is nie.

Die twee kinders is nie in die ongeluk beseer nie, maar wel getraumatiseerd. Die kleuters se ouers het die ambulansdienste gevra om hulle hospitaal toe te neem.

Die ongeluk het net na 14:00 in Griffithslaan, tussen Meadow- en Curalaan in Equestria plaasgevind.

Volgens Johan Pieterse van die Tshwane Nooddienste moes nooddienswerkers meganiese kake (Jaws of Life) gebruik om dié vrou se liggaam uit die wrak te kry.

“Nooddienste is steeds op die toneel maar die pad is reeds oop vir verkeer.”

Die vrou is vermoedelik ’n onderwyseres van ’n kleuterskool in die omgewing.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button