Editor's choiceLocal newsNewsSchools
Regstelling: Ouers gaan stappe neem na skoolgeveg
Rekord bied verskoning aan die beheerliggaam en leerlinge van Pretoria-Noord vir enige ongerief wat deur dié fout veroorsaak is.

In die gedrukte weergawe van Rekord (23 Mei) het ons weens ‘n bona fide fout , foutiewelik berig dat ’n geveg tussen twee leerlinge by die Hoërskool Pretoria-Noord plaasgevind het.
Rekord was deurgaans bewus dat die geveg by Hoërskool Gerrit Maritz plaasgevind het, die hoof van Hoërskool Gerrit Maritz het dit erken en onderneem om dié voorval te ondersoek.
Dit was nooit Rekord se bedoeling om Hoërskool Pretoria-Noord in ’n slegte lig te stel of te na te kom nie – die fout het tydens redigering ingesluip. Rekord bied verskoning aan die beheerliggaam en leerlinge van Pretoria-Noord vir enige ongerief wat deur dié fout veroorsaak is.
Lees ook>
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
