CrimeLocal newsNewsSchools

Hoërskoolleerlinge met dwelms betrap

Hoërskool Gerrit Maritz loop deur onder dwelmklopjag.

Vyftien leerlinge het Vrydagoggend tydens ‘n dwelmklopjag by ‘n hoërskool in die noorde van Pretoria positief vir dwelmgebruik getoets en sal moontlik in hegtenis geneem word.

Die Tshwane-metropolisie en die SAPD het omstreeks 08:30 ‘n roetine-dwelmklopjag by Hoërskool Gerrit Maritz uitgevoer.

Volgens ‘n betroubare bron van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het die GPF die polisie met die ondersoek bygestaan.

Die bron het gesê volgens sy inligting het 15 leerlinge positief vir dwelmmisbruik getoets.

Hy het ook bygevoeg dat daar, behalwe dwelms, ook hoogsverslawende middels soos alkohol en sigarette by leerlinge gevind is.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het bevestig dat die klopjag wel plaasgevind het, en dat die finale resultate eers ná die klopjag voltooi is, vrygestel sal word. Teen 12-uur Vrydag was die klopjag nog nie afgehandel nie.

Die departement van onderwys was teen druktyd nie vir kommentaar beskikbaar nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button