Local newsNewsSchools

22 pare tweelinge in hoof se 22e jaar

Daar is vanjaar 22 pare tweelinge aan Laerskool Swartkops waarvan die meeste in graad 3 is.

Die Laerskool Swartkop spog vanjaar met 22 pare tweelinge tussen die ouderdom van ses en 13.

Die meeste van die tweelinge is in graad 3 waar daar vyf pare is.

Die skoolhoof, Carel Cronjé, het gesê dit is baie belangrik om elke leerlinge as ’n individu te hanteer. “Die dinamika van tweelinge word waardeer en in ag geneem wanneer ons hulle in klasse plaas sodat elkeen as ’n individu groei en presteer,” het Cronje gesê.

Vir Cronje is 2014 ’n besonderse jaar: Hy tree na 22 jaar by Laerskool Swartkop af en hy het 22 tweelinge in sy skool.

Cronje het gesê hy gaan die meeste na die kinders verlang.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button