NewsSchools

Garsies leer kosmaak in Kaap

Garsies maak 'n Kaapse draai om van kos te leer.

Sestien gr. 12-leerlinge aan Hoërskool Garsfontein het onlangs die Wes-Kaap besoek om meer oor gasvryheid te leer. Die doel van die toer was om leerlinge, wat gasvryheidstudies as vak het, blootstelling te gee aan loopbaangeleenthede in die rigting en om praktiese ervaring op te doen in ‘n omgewing met ‘n verskeidenheid koskulture en wat met die meeste restourante in die top 10 in die land spog.

The Private Hotel School – ‘n gesogte sjef- en hotelskool in Stellenbosch – het as gasheer vir die weeklange besoek opgetree en seker gemaak dat leerlinge ‘n omvattende ervaring van kos en wyn beleef. Besoeke aan die Hartenberg-, Stellenbosch Hills- en Waterford-wynlandgoed, en die Birkenhead-bierbrouery op Standford (naby Hermanus), is aangevul met ‘n kaasproe by Klein Rivier Cheese wat van die wêreld se beste Gruyre-kaas produseer.

Etenstyd was daagliks ‘n hoogtepunt met ‘n spyskaart van sushi, Oosterse geregte by die Eastern Food Basaar in Kaapstad, Thaise en Griekse kos, besondere pizzas by Muldersbosch en tradisionele geregte soos waterblommetjiebredie en springbokpastei by die Volkskombuis in Stellenbosch. ”Die Hotelskool se sjefs het die leerlinge ook geleer om sushi te maak,” vertel Miempie Middel, die groep se onderwyser. ”Treffende idees oor kosrangskikking is ook met die leerlinge gedeel en hulle kan na dese selfs alkoholvrye mengeldrankies meng.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button