Nuutste in hofsaak – Overkruin meisie-bakleiery
Die saak teen twee dogters wat 'n ander vermoedelik telyf gegaan het verlede jaar is vir eers terug getrek hangende 'n afwentelingsprogram wat voltooi word.

‘n Hofsaak oor ‘n bakleiery tussen skoolmeisies in die noorde van Pretoria is Maandag voorlopig teruggetrek hangende ’n bemiddelingsvergadering met die slagoffer.
Die pa van die slagoffer Rentia (15), Hennie van Heerden, het bevestig dat sy dogter besluit het om Suzan Veroezka Steenkamp (18) en Minette Smith (18) — albei voormalige leerlinge van die Hoërskool Overkruin — ‘n kans te gee om hulle skuld te erken en sake reg te maak.
“My dogter wil nie kwaad met kwaad regmaak nie en daarom het sy die twee meisies die kans bied om ‘n afwentingsprogram te voltooi,” het Van Heerden gesê.
Met die afwentelingsprogram moet Steenkamp en Smith elkeen hulle skuld erken en berading ontvang.
Hulle moet dan ook gemeenskapsdiens uitlewer. Volgens Van Heerden het die twee reeds hulle skuld erken en is tans onderweg met die program.
Sodra die program suksesvol voltooi het, word die aanklag teruggetrek en die beskuldigde spring ’n misdaadgeskiedenis vry.
Die twee meisies wat Rentia na bewering in Oktober verlede jaar aangerand het, staan tereg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.‘n Beeldopname waar een van die verdagtes die slagoffer stamp en die ander haar te lyf gaan en teen ‘n venster stamp het verlede jaar soos ‘n veldbrand versprei.
Hennie het ‘n klag by die polisie gelê waarna albei meisies in hegtenis geneem is Albei is later op waarskuwing vrygelaat.
Die geveg het glo ontstaan ná ’n geskinder dat een van die twee beskuldigdes moontlik swanger kon wees. Die twee beskuldigdes is uit die skool geskors na ‘n dissiplinêre verhoor.
Lees ook:
Hoërskool Overkruin gee amptelike terugvoer ná aanrandingsinsident
Nog Overkruin meisies pak mekaar met vuiste
Bloederige aanrandings duur voort by skole
Hofsaak vir beskuldigde skooldogters uitgestel
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.
