Local newsNewsSchools

‘n Graad agt-leerling behaal tweede plek in Spanje

'n Graad agt-leerling aan Hoërskool Zwartkop, Lené Wessels (13), het onlangs 'n trofee ontvang vir ‘n algehele tweede plek in Spanje.

‘n Graad agt-leerling aan Hoërskool Zwartkop, Lené Wessels (13), het onlangs ‘n trofee ontvang vir ‘n algehele tweede plek in “ Fusion” 0/16 jaar by die European Dance Championships in Barcelona, Catalunya, in Spanje.

Sy het ook drie goue medaljes ingepalm en ‘n Internasionale Federasie Kleure verwerf in drie katogorieë: Fusion, Hip-Hop en Contempary Dance. Dit is die hoogste prestasie wat ’n leerling in dans by dié federasie kan bereik.

Altesaam 200 choreograwe van regoor die wêreld het saam met hul dansers aan dié kompetisie deelgeneem. Onder die land by die kompetisie was Suid Afrika, Oostenryk, Rusland, Griekeland, Amerika, Singapore, Swede, Brazil, België, Engeland, Israel en Italië. Die Suid Afrikaanse span het bestaan uit 42 dansers van regoor die land.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button