NewsSchools

Super 12 Bybelvasvra kampioene

Die Laerskool Hennopspark se Bybelvasvra-span van Graad sewe het onlangs as kampioen uit die stryd getree by die jaarlikse Super 12 Bybelvasvra-kompetisie. ‘n Totaal van 17 skole het aan vanjaar se kompetisie deelgeneem. Laerskool Mooirivier van Potchefstroom het tweede geëindig terwyl Laerskool Tzaneen met die bronsmedaljes weggestap het. Hennopspark se Graad sewe- en Graad ses-spanne …

Die Laerskool Hennopspark se Bybelvasvra-span van Graad sewe het onlangs as kampioen uit die stryd getree by die jaarlikse Super 12 Bybelvasvra-kompetisie. ‘n Totaal van 17 skole het aan vanjaar se kompetisie deelgeneem.

Laerskool Mooirivier van Potchefstroom het tweede geëindig terwyl Laerskool Tzaneen met die bronsmedaljes weggestap het. Hennopspark se Graad sewe- en Graad ses-spanne neem ook deel aan die nasionale Bybelvasvra-kompetisie wat jaarliks deur die Rapportryerbeweging gehou word.

Die eerste uitdunrondte het reeds in Mei plaasgevind waartydens die Graad sewe-span en dié van die Graad vyf en ses die veertiende posisie op nasionale vlak behaal het. Albei die Hennops-spanne neem binnekort deel aan die tweede uitdun-rondte.

Daarna sal die tien spanne met die hoogste totale punte in die land dan in ‘n derde en finale rondte mekaar die stryd aansê. Ons wens albei Hennops-spanne sterkte en voorspoed toe.

Laerskool Hennopspark se Bybelvasvra spanne word bygestaan en afgerig deur Me Linda Schroëder (Adjunk Hoof Laerskool Hennopspark) en Daleen Botha asook Ds Nelis Lindique.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button