Tuine se eerste rugbyspan verower Stadsbeker
Hoewel die Hoërskool Tuine se eerstespan nie daarin kon slaag om die Beeldtrofee vir groot skole te verower nie, was daar tog die troosprys dat dié skool vriend en vyand verras het om die halfeindrondte te haal. Hulle het boonop ook vanjaar die stadsbeker gewen deur Oos-Moot te klop, terwyl Tuine se o.15 span self …
Hoewel die Hoërskool Tuine se eerstespan nie daarin kon slaag om die Beeldtrofee vir groot skole te verower nie, was daar tog die troosprys dat dié skool vriend en vyand verras het om die halfeindrondte te haal.
Hulle het boonop ook vanjaar die stadsbeker gewen deur Oos-Moot te klop, terwyl Tuine se o.15 span self besonder goed presteer het.
In die algehele kwarteindrondte het Tuine vir een van die grootste verrassings van die seisoen gesorg deur met die hoogaangeskrewe Helpmekaar in Johannesburg af te reken.
Hierdeur het Tuine boonop die eer gehad om die halfeindrondte aan te bied, maar na ’n spannende stryd het Transvalia van Vanderbijlpark met 30-22 as wenners na die finaal van die Beeldtrofee deurgedring.
Die o.15 span van Hoërskool Tuine het self besonder goed gedoen vanjaar. Net Oos-Moot het tussen hulle en die stadsbeker gestaan, waar hulle naelskraaps in die eindrondte verloor het.
Tuine se o.15’s het egter ook deurgedring na die uitspeelrondtes van die Beeldtrofee toernooi. In die kwarteindrondte moes hulle ongelukkig die knie buig teen Hoërskool Lichtenburg.
Ten spyte daarvan dat nie een van hierdie twee spanne van Hoërskool Tuine uiteindelik die Beeldtrofee vir Groot Skole kon verower nie, word hul prestasie steeds hoog aangeslaan en dié skool kan trots wees op hul rugbyspelers se prestasie.
