EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Steve wys rigting in Afrikaans

Steve Hofmeyr se stem is nou beskikbaar op 'n nuwe GPS.

Steve Hofmeyr se kenmerkende rasperstem is nou beskikbaar om GPS-aanwysings in Afrikaans te gee.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het dié nuwe GPS Dinsdag by die opening van hul nuwe hoofkantoor in Centurion bekendgestel.

‘n Uitgesproke Hofmeyr, wat onlangs opslae oor sy singery van Die Stem gemaak het, het tydens die opening geskerts: “Die GPS is aweregs. Ek het glad nie die woord links gebruik nie.”

Terwyl Hofmeyr roetes op die GPS aanwys, sorg hy ook vir ‘n klompie kwinkslae. “Om ’n SMS te stuur terwyl jy bestuur, is gevaarliker as ’n taxi” en “tussen my en jou: jy ry te vinnig,” is maar net ‘n paar van die goed wat hy sê.

Die GPS is vir ’n verskeidenheid slimfone beskikbaar gestel en kan gratis op die Google Play Store, Apple App Store en Blackberry World afgelaai word. Soek ‘AfriForum GPS’ op die verskillende toep-winkels.

AfriForum het ook tydens die opening die eerste uitgawe van sy nuwe ledetydskrif, FORUM, bekendgestel. Dié tydskrif, onder die redakteurskap van Alet Rademeyer, sal lede op hoogte van AfriForum se werksaamhede hou en in-diepte berigte oor aktuele sake in die land bevat.

Hier is ’n paar klankgrepe van Hofmeyr se stem op die nuwe GPS:

Vir meer gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button