
Die radiostasie Groot FM, in samewerking met Atooh en Beeld, het Donderdag 28 Augustus tydens die “Skool met die Beste Gees-kompetisie” direk vanaf Laerskool Swartkop se rugbyveld uitgesaai. Die skool neem met groot opgewondenheid daaraan deel. Groot FM het onder andere onderhoude gevoer met die skoolhoof, mnr. Carel Cronjé, die hoofdogter, Danica Strydom en hoofseun Frikkie Schoeman.
Die bekende Afrikaanse akteur, Hykie Berg, het ’n spesiale boodskap aan leerlinge sowel as onderwysers en ouers oorgedra. Die sangeres Jennifer Zamudio het van haar liedjies gesing tot groot plesier almal. Die gewilde aktrise Lindie Strydom het ook die verrigtinge kom geniet. Die leerlinge het blikkieskos saamgebring en die naam Atooh gespel voor die mobiele uitsaai-eenheid van Groot FM. Die skool se musiekblyspel “Sonkringe” wat op 6 – 7 Augustus in die Staatsteater aangebied is, het aan die hoofkarakters ‘n geleentheid gegee om weer hul kostuums aan te trek en as dirigente op te tree as deel van die groot geesvang by die skool. Tien spanne bestaande uit leerlinge en onderwysers, het aan ‘n hinderniswedstryd deelgeneem tot vermaak van die skare. Die onderwysers het soos “nerds” aangetrek. Die dag het uitgestaan het as een van die opwindendste dae in die geskiedenis van Laerskool Swartkop.
