MunicipalNews

Onwettige stortingsterrein kopseer vir gemeenskap

'n Onwettige stortingsterrein by die proefplaas in Soutpansbergweg het inwoners met hul hande in hul hare.

Onwettige stortings by die proefplaas in Rietondale is ‘n groot kopseer vir die gebied se inwoners.

Ronel de Wet, die sekretaresse van Rietondale Home Owners and Residents Association (RHOARA), sê dat mense wat gemors stort ‘n stewige boete van sowat R1 500 van die Tshwane-munisipaliteit kan ontvang.

“Ons wil ‘n boodskap stuur dat mense nie hul vullis by die proefplaas moet stort nie. Daar sal gevolge wees,” het De Wet gewaarsku.

Sy sê die Rietondale-gemeenskap werk saam met die polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum om oortreders vas te trek.

Demokratiese Alliansie (DA)-raadslid Hendrik Fourie sê dat onwettige storting ‘n knelpunt regoor Pretoria is: “Hierdie is regtig ‘n groot probleem, nie net by die proefplaas nie, maar orals in die Moot. Ons het al ‘n staande punt daaroor op die agenda in ons raadsvergaderings. Ons maak gereeld die proefplaas skoon.”

Volgens Fourie is dit frustrerend, want hoe meer die gemeenskap hierdie onwettige stortingsterreine skoonmaak, hoe meer mors mense daar. Hy sê dat mense wat oortree nie net ‘n boete moet kry nie, maar ook verplig moet word om die gemors skoon te maak. “Ons probeer die omgewing skoon hou en bewaar vir die toekoms.”

Inwoners word aangemoedig om onwettige stortings dadelik by die Tshwane-Metropolisie aan te meld – telefoonnommer: 012-358-7095

Vir meer gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

Lees ook: Nog ‘n onwettige stortingsterrein 

Illegal dumping in Glover Avenue

Illegal dumpsite cleaned up

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button