Garsies wen Wildeklawer Diamantveld T20 toernooi in Kimberley
Hoërskool Garsfontein se eerste krieketspan het die afgelope naweek ‘n unieke krieket-driekuns voltooi toe hulle die Wildeklawer Diamantveld T20 toernooi vir ’n derde jaar agtereenvolgens gewen het.
Hoërskool Garsfontein se eerste krieketspan, ook bekend as die Ysbere, is die afgelope naweek vir die derde keer agtereenvolgens as die Wildeklawer Diamantveld T20 krieketkampioen gekroon.
Dié toernooi lok jaarliks 18 skolespanne vanoor die hele land.
Die Ysbere het op pad na die eindstryd met skole soos Hoërskool Framesby van Port Elizabeth (Gqeberha), Hoërskool Eldoraigne van Centurion, Parel Vallei High School van Somerset Wes en Hoërskool Kemptonpark afgereken.
In die eindstryd het die Ysbere vir Boland Landbouskool met 85 lopies geklop.
Nadat Garsfontein eerste gekolf het en 141 lopies aangeteken het, kon hulle daarin slaag om Boland Landbou almal uit te haal vir slegs 56 lopies.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.