Afrikaans Hoër Meisieskool blink uit
Die Jakarandastad is een van die coolste stede in die land en dit is juis die doel van die Cool Capital-projek, die wêreld se eerste kuratorlose DIY Guerrilla Biënnale, wat die stad tans op hol het. Die Afrikaanse Hoër Meisieskool is een van 20 skole wat gevra is om deel te wees van die projek wat deur Atterbury …
Die Jakarandastad is een van die coolste stede in die land en dit is juis die doel van die Cool Capital-projek, die wêreld se eerste kuratorlose DIY Guerrilla Biënnale, wat die stad tans op hol het.
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool is een van 20 skole wat gevra is om deel te wees van die projek wat deur Atterbury Property geborg word, waarin ‘n bekende kunstenaar aan elk van die skole toegewys word. ‘n Werk van die kunstenaar moet dan vir die duur van die Biënnale op die skoolgronde uitgestal word. Die beeldhouer, Rina Stutzer, se groot Nirox-stigtingbeeld is tans op die Afrikaans Hoër Meisieskool se gronde te sien.
Die beeld is ’n tentstruktuur wat dui op die tydelike en is ook ‘n verwysing na die tente van die konsentrasiekampe wat aansluit by die skool se geskiedenis.
Die graad 11-kunsleerlinge pak ook ’n kunsprojek vir die skool aan wat deur Atterbury Property befonds word.
‘n Graad 10-leerling aan die Afrikaans Hoër Meisieskool het vanjaar gewys wat in haar steek toe sy vir die tweede keer in ‘n ry, as die nasionale wenner in die Nie-Moedertaalspreker-kategorie aangewys is. Itumeleng Maluleka was een van 78 leerlinge van regoor die land wat aan die ATKV-redenaars se eindrondte op Buffelspoort deelgeneem het. Maluleka het eers ’n voorbereide en daarna ’n onvoorbereide toespraak gelewer. Haar onvoorbereide toespraak: Almal in Suid-Afrika moet verplig word om te stem, het groot belangstelling en reaksie vanuit die gehoor gelok en almal op hul voete gehad.

