Dit is al ‘n jaarlikse instelling vir Laerskool Menlopark om die Springbokafrigter na die oorhandiging van die eerstespankleure te nooi.
Hierdie jaar was dit geensins ander en het afrigter Heyneke Meyer en spelers, Victor Matfield, Lood de Jager, Jan Serfontein en Arno Botha by die skool besoek afgelê om vanjaar se 0/13 A seuns se kleure te oorhandig.
Leerlinge en ouers het lank vooruit probeer vasstel watter spelers vanjaar by die oorhandiging sou wees en is geensins teleurgestel.
Die voormalige bokkaptein Matfield het die seuns toegespreek en beklemtoon dat elkeen ’n droom moet hê en daarna moet streef om dit te bereik. Na die oorhandiging kon spelers en aanhangers elk ’n foto saam met sy held neem. Die geselligheid is met ’n ete en ’n kuier afgesluit.

