Die leerlinge aan Hoërskool Eldoraigne het in die landswye ATKV-redenaarskompetisie uitgeblink.
Rigardt Bester, ‘n graad 8-leerling, het gewys wat in hom steek toe hy teen graad 9-leerlinge moes meeding en met die tweede prys in die landswye eindrondte weggestap het. In die eindrondte moes leerlinge onvoorbereide toesprake lewer en het slegs twee ure gehad om vir ‘n sewe minuut lange toespraak voor te berei.
Beide die skool se debatspanne het die top 8-posisie gehaal in die Nasionale debatsfinaal waarin 19 spanne deelgeneem het.
Ianthè Sipsma, Emile Vorster en Kirstin Eloff se span het die vierde plek by die Nasionale eindrondte gehaal terwyl Sipsma ook as die beste junior taalgebruiker in die kompetisie aangewys is.

