NewsSchools

Laerskool Menlopark onnie vereer

Dié juffrou skrik nie vir harde werk nie en is bekroon vir haar bydrae tot die bevordering van wetenskap, met haar wetenskapklub en werkswinkels wat sy naskool aanbied.

‘n Onderwyseres van Laerskool Menlopark is onlangs op ‘n besonderse manier vereer toe sy deur die Suider-Afrika Vereniging ter bevordering van die Wetenskap (S2A3), met ‘n merietesertifikaat vereer is. 

Isabel Davis, ’n wetenskaponderwyseres, is vereer vir haar bydrae tot die bevordering van wetenskap, met haar wetenskapklub en werkswinkels wat sy naskool aanbied. Dié toekenning sal tydens ’n medaljeplegtigheid in November aan haar oorhandig word. 

Davis is heel beskeie oor die toekenning en sê sy glo dit is maar in haar bloedlyn. Haar pa was ook ’n wetenskaplike en het sy liefde vir die wetenskap onwillekeurig aan sy dogter oorgedra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button