NewsSchools

Wonnies se krieketspan presteer

Tristan Janse van Rensburg het 59 nie uit nie en Aerton Helena het 54 lopies aangeteken sonder om 'n paaltjie af te staan.

Laerskool Wonderboom se eerste krieketspan is onlangs as die wenners in die Noord van die Berg-liga aangewys toe hulle Laerskool Stephanus Roos met 70 lopies in hul finale ligawestryd geklop het.

Tristan Janse van Rensburg het 59 nie uit nie en Aerton Helena het 54 lopies aangeteken sonder om ‘n paaltjie af te staan. 

Janse van Rensburg het ook vyf paaltjies gevat om die westryd vir Wonderboom te beklink. 

Dié span se dag-aand span is ook as ligawenners aangewys. 

Vier van die skool se seuns, Tristan Janse van Rensburg, Rust Nieman, Aerton Helena en Jacques Roux het ook na die distrikproewe deurgedring . 

Tristan Janse van Rensburg is ook vir die vierde agtereenvolgende jaar in die distrikspan verkies en het in 2011,2012 en 2013 vir Northerns-span gespeel.

Tristan Janse van Rensburg
Tristan Janse van Rensburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button