Hoërskool Akasia se spog atlete
Wanneer dit by sportprestasie kom, is die leerlinge van Hoërskool Akasia nie skaam om hul staal te wys nie. Dié skool spog graag met sy leerders. Ses van die skool se landloopatelete is verkies om Gauteng-Noord by die ASA SA-landloopkampioenskappe in George te verteenwoordig. Die leerlinge is Lefifi Atlegang, Mashudu Netshipale, Gomolemo Kgoadi, Tumisang Sibanyoni, …
Wanneer dit by sportprestasie kom, is die leerlinge van Hoërskool Akasia nie skaam om hul staal te wys nie. Dié skool spog graag met sy leerders.
Ses van die skool se landloopatelete is verkies om Gauteng-Noord by die ASA SA-landloopkampioenskappe in George te verteenwoordig. Die leerlinge is Lefifi Atlegang, Mashudu Netshipale, Gomolemo Kgoadi, Tumisang Sibanyoni, Tumisang Ngoako, en Onalenna Maponyane.
Sebastian van Rooyen is onlangs tot die O/15 Noord Distrik krieketspan gekies wat op 7, 14 en 21 September in die Noordstreek teen ander streke te staan sal kom.
Die volgende twee Gr. 9-leerders, Sendelanie Musie en Oneetse Sekwele, is ook verkies om Distrik 15 in die provinsiale Wetenskap Olimpiade te gaan verteenwoordig.
Laetitia Kandolo in Gr. 9 en Jacob Briel in Gr. 8 het ook onlangs in die Distriks-Wiskunde Olimpiade ‘n eerste plek verower en na die Provinsiale Olimpiade deurgedring.
