Local newsNewsSchools

Tweede leerling sterf in twee weke

'n Tweede leerling by 'n bekende skool in die Moot is onlangs oorlede, nadat 'n matriek leerling skaar twee weke gelede selfmoord gepleeg het.

Eersterust Sekondêr is in rou nadat twee leerlinge van die skool onlangs dood is.

Sarrazin Fischer (14), ‘n graad 8-leerling by die skool, is verlede Sondag dood, terwyl Mabotse Komane, ‘n matriekleerling by die skool, sowat twee weke gelede selfmoord gepleeg het.

Fischer is dadelik hospitaal toe gejaag na ‘n aar in sy kop gebars het en hy is later in die hospitaal dood.

‘n Begrafnis vir Fischer is verlede Vrydag by die Apostoliese kerk in Andrew Gordonlaan gehou.

Volgens William Louw, skoolhoof, was Fischer ‘n stil seun wat baie in homself gekeer was sedert sy ma glo vroëer vanjaar dood is.

“Almal by die skool is getraumatiseerd, maar ons het sover as moontlik probeer help met die begrafnisreëlings. Ons het ook geld vir die begrafnis ingesamel,” het Louw gesê.

Volgens hom is die skool geskok oor die verlies van die twee leerlinge so kort na mekaar.

“Ons is almal hartseer oor Sarrazin en Mabotse. Dit is ‘n groot verlies vir die skool en om twee leerlinge in so ‘n kort tyd te verloor is moeilik vir almal.”

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

Also read:

Another teenager commits suicide

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button