NewsSchools

Bekende Moot skool staan bankvas agter Laerskool Garsfontein

'n Bekende skool in die Moot het hul aan die sy van Laerskool Garsfontein geskaar aangaande Godsdiens in skole.

Die Hoërskool Wonderboom het sy steun verklaar aan Laerskool Garsfontien, een van ses skole wat geteiken word in ‘n hooggeregshof-aksie teen hulle Christelike karakter.

Hoof van Hoërskool Wonderboom, D. Faan van Wyk, sê sy eie skool handhaaf ook ‘n Christelike etos en voel sy Christen-identiteit lewer ‘n groot bydrae tot onderwys met ‘n duidelike fokus.

Die hof-aksie, sê hy, is onnodig.

Eerlike uitlewing van die Christelike beskouing impliseer verdraagsaamheid teenoor andersdenkes.

“Elkeen wat by ons skool wil inskryf, is welkom ongeag hul voorkeur van geloof. Hoewel ons skool, openlik die Christelike etos uitleef as ‘n geïntegreerde faktor in die algemene handelinge van die skool, mag enige leerder aantoon as hy of sy geloofsbesware het,” sê Van Wyk.

“Die skool sal dan saam met die leerder en sy ouers bepaal wat die wedersyds aanvaarbare wyse sal wees waarop hierdie indiwiduele situasie bestuur gaan word.”

Die kernbeginsels van die Chistelike geloof maak voorsiening daarvoor dat die mens se vryheid van keuse gerespekteer word en dat die mens nie mag oordeel nie, sê Van Wyk.

“Dit kom daarop neer dat die Christelike etos ‘n ruimte skep waar elkeen ervaar dat hy/sy gerespekteer word en dat die skoolomgewing toelaat dat elkeen gestimuleer word om self te dink, te vergelyk, feite te oorweeg en eie gedrag te bepaal.”

Die hofaansoek is gebring deur Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie. Hy sê sy oogmerk is om skoolkinders se grondwetlike regte beskerm. Die saak word binnekort aangehoor in die Hooggeregshof in Johannesburg.

Vir jou daaglikse nuus, ‘like’ Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

Lees ook: Laerskool Garsfontein sal nie sy Christelike dogma prys gee nie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button