NewsSchools

Hennopspark Laerskool neem Pappastad op “heinings”

Die skool het op die projek besluit as deel van die Cool Capital Biennale 2014 wat op 29 Augustus 2014 in Pretoria (of Pappastad – soos die Biennale daarna verwys) afgeskop het.

Hennopspark Laerskool het sy omgewing vanjaar behoorlik opgehelder vir Lentedag deur die heining om die skool met blomme in allerlei gedaantes te versier.

Die skool het op die projek besluit as deel van die Cool Capital Biennale 2014 wat op 29 Augustus 2014 in Pretoria (of Pappastad – soos die Biennale daarna verwys) afgeskop het.

Biennale probeer om die publiek bloot te stel aan ‘n verskeidenheid kuns, argitektuur, stads- en grafiese ontwerp, sowel as beeldhouwerke. Projekte deur enige belanghebbende party sowel as die publiek word verwelkom deur die bestuur van die Biennale. (Besoek gerus coolcapital.co.za of CoolCapital2014 op Facebook/Twitter vir meer inligting).

Chrisna van Vuuren van Van Vuuren Argitekte, in samewerking met Mev Susan Strydom en Juf Hanri Human van die skool se kunsdepartement, het vorendag gekom met die idee om die heining van die skool te verfraai met ‘n magdom blomme – gemaak van ‘n verskeidenheid materiale, onder andere, wol, lap en papier.

Die Centurion Raad vir Bejaardes het met wol – wat deur Wool Addict in Eldoraigne geskenk is – meer as 300 blomme gehekel. Dit was net blomme, blomme, blomme, toe die skool se ouma’s, ma’s en kinders aan die werk spring.

Die heining en bome is ook met lap versier wat deur Design Team in Hennopspark geskenk is. Hennopspark Laerskool het weereens met hierdie projek bewys dat hulle werklik – soos hul slagspreuk vir die projek : Pappastad se “Coolste” skool is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button