CrimeLocal newsNews

Hond met deurgeskaafde nek kry ‘n nuwe tuiste

Hond met deur geskaafde nek kry 'n huis.

Elsa, die Afrikanis-hond, wat se nek so diep gesny was met ’n ketting dat dit byna haar slagaar afgesny het, het ’n nuwe tuiste gekry.

Die swak en bebloede hond is verlede Woensdag deur Elsa Daniels op die Ou-Johannesburgpad, Centurion, opgemerk. Die hond het ’n stywe ketting en ’n draad om haar nek gehad wat tot op die grond gehang en agter haar aangesleep het.

Elsa se nuwe ‘ouers’, Cathy en Fleur van Eeden bly op ‘n pragtige plaas in Swellendam in die Kaap. Hulle het dadelik ‘n hand na Elsa uitgereik, toe hulle die berig op Facebook gewaar het. Hulle het tans ’n Jack Russel en weeshond wat hul ook gered het asook ’n kat. Elsa gaan nou haar dae op die oop veld kan geniet en snags lekker langs die kaggelvuur saam met die ander twee honde deurbring. Elsa se nuwe ouers het gesê sy sal vir seker binne slaap.

Die veearts is naby hul plaas geleë en die Van Eeden-egpaar het nou die verantwoordelikheid oorgeneem om seker te maak die wond word behoorlik na omgesien. Die familie het aangebied om vir alles te betaal wat verband hou met die vervoer van Elsa van Pretoria na Swellendam. ‘n Reisagent sal vir Elsa oplaai en haar by OR Tambo-lughawe besorg. Haar nuwe familie sal dan vir haar aankoms in die Kaap wag.

Elsa gaan gesteriliseer word en sy sal teen 3 Oktober na Kaapstad vertrek, indien sy mag gaan indien die Pyramid-veeartskliniek in Pretoria waar sy tans behandeling ondergaan toestemming gee.

Daar is vasgestel dat Elsa ongeveer twee jaar oud is en tans baie weerloos is van vorige mishandeling en trauma. Cathy en Fleur is bewus van hierdie feit en sien uit om haar te ondersteun en stelselmatig terug na normal te versorg . Cathy en Fleur het gesê hulle gaan vir Elsa met baie geduld en liefde hanteer.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

Lees ook:

Nek oopgekloof deur ketting

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button