NewsSchools

Swartkop leerlinge blink uit in dans en gimnastiek

Leerlinge van Laerskool Swartkop het onlangs geskitter in 'n rits verskillende aktiwiteite.

‘n Aantal Graad 3 en 4 leerlinge van Laerskool Swartkop het onlangs geskitter in ‘n rits verskillende aktiwiteite.

In die “Sadi DanceKompetisie” het Janko Bannik en Chezelle Botha sommer ‘n handvol A simbole gewerf met onder meer ‘n A+ vir Hip Hop. Charmelle Curtis het ook aan die danskompetisie deelgeneem en aan die “Medaliers for Dance” waar sy uitgeblink het.

Nog ‘n danser, Shanleigh Curtis, het by die “Medaliers for Dance” ‘n A+ simbool vir Disco en Moderne Dans verwerf. Inke Nel is gekeur om in die “The Nutcraker” balletproduksie ‘n deelname te hê.

Die gimnaste het ook uitsonderlik goed presteer. Anriche Koch het ‘n spoggerige Silwer Medalje verower tydens die “Reach for the Stars Invitational” gimnastiek kompetisie wat by die Matsportsentrum gehou was. Christy Mouton het ‘n uitmuntende punt van 7.92 in die Gauteng-Noord Akrobatiese Kampioenskappe verower. Laaste maar nie die minste, Chrisjan Pienaar het tot in vierde plek gespring by die Kliprivier Trampolien Kampioenskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button