CrimeNews

Vermeende kabeldief vasgetrek

'n Vermeende kabeldief is in sy spore gestuit ná oplettende inwoners Copwatch in Centurion ontbied.

’n Vermeende kabeldief is Maandagoggend deur lede van Copwatch en ’n Centurion-inwoner in sy spore gestuit.

Bertus Myburgh, woordvoerder van Copwatch, sê die vermeende kabeldief is omstreeks 07:50 in hegtenis geneem naday hy in Willem Bothalaan in Wierdapark betrap is.

’n Bekommerde inwoner het Copwatch van die verdagte man in kennis gestel.

Myburgh sê: “Die man was besig om die kabels te stroop en het die kabels oor ’n muur gegooi voordat ons reaksie-voertuie op toneel gekom het. Die man het ontken dat hy enige kabels by hom gehad het, maar ons het later dit agter die muur gekry waar hy dit verberg het.”

Die man is na die Wierdabrug-polisiekantoor gebring.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

Lees ook: Elektrisiteitsinfrastruktuur instandhouding nie op standaard

Diewe teiken straatlampkabels

Metaaldiewe op heterdaad betrap

So lyk die kabels wat amper verdwyn het
So lyk die kabels wat amper verdwyn het

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button