CrimeNews

Dwelmhandelaar, handsakdief én hul makkers vas

Vier mans is Donderdag op dieselfde toneel in hegtenis geneem.

Vier mans, waaronder ‘n vermeende handsakdief en ‘n dwelmhandelaar, is Donderdag op dieselfde toneel in Elarduspark kort ná mekaar in hegtenis geneem.

JP Griesel, bestuurder van Bull Sekuriteit, sê ‘n inwoner het onraad vermoed toe twee mans in Bostonstraat deur ‘n handsak gegrou en van die inhoud in asblikke gegooi het.

Die mans het vermoedelik die handsak uit ‘n vrou se voertuig gesteel.

“Die inwoner het Bull en die Lyttleton Sektor 4 GPF in kennis gestel en ons is dadelik na die toneel,” het Griesel gesê.

Terwyl reaksie-offisiere van Bull besig was om die mans in hegtenis te neem, het twee ander mans nadergestap en met die reaksie-offisiere oor die arrestasie geargumenteer.

“Terwyl die twee ingemeng het, het nóg ‘n man in die verbyloop ‘n pakkie met dagga by een van die twee mans gekoop,” sê Griesel.

“Hulle het seker nie gedink ons sou hulle sien nie.”

Die reaksie-offisiere het die vermeende dwelmhandelaar en sy kliënt in hegtenis geneem.

Een van hulle het egter probeer ontsnap en in die hardloop van die dagga probeer inlsuk — vermoedelik sodat dit nie as bewysstukke gebruik kon word nie.

Hy is agternagesit en vasgetrek.

Die Lyttleton-polisie ondersoek die saak.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button