CrimeLocal newsNews

Mootpolisie lê beslag op smokkel-sigarette

Flink polisiewerk in Moot lei tot vonds van smokkel-sigarette

Die vinnige optrede van die Moot-polisie het gesorg dat ‘n besending smokkel-sigarette van die straat verwyder is.

Adjudant-offisiere Francois Nolte en Elize Pieterse het verlede week inligting ontvang oor sigarette wat oor die grens gesmokkel en in Wonderboom-Suid verberg word. Die inligting is opgevolg en ‘n woonstel is deursoek.

“Beslag is gelê op ‘n groot hoeveelheid sigarette,” sê die polisie in ‘n verklaring.

’n Man is weens die onwettige besit van sigarette in hegtenis geneem.

Lede van TISA (Tobacco Institute Southern Africa) was teenwoordig tydens die inhegtenismeming en beslaglegging. Die totale waarde van die sigarette is onbekend.

Intussen het die Moot-polisie ’n waarskuwing aan alle bejaardes gerig om op die uitkyk te wees vir ’n jongman wat voorgee hy soek rigtingaanwysings, maar dan besteel hy hulle.

Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, waarksu bejaardes dat ’n jongman, groot gebou en ongeveer 1,9 meter lank, nader bejaardes op veral Vrydae wanneer hulle biddienste by hul kerke bywoon.

“Hy hou langs hulle stil in ’n blou/groen 1994/5 model Uno en vra hulle vir aanwysings. Sodra die niksvermoedende slagoffer begin beduie dan gryp hy die persoon se handsak en jaag weg. Ons moedig bejaardes aan om op hul hoede te wees,” het Jerling gesê.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button