CrimeLocal newsNews

Paartjie by Fort Klapperkop aangeval

'n Dominee en sy verloofde is Vrydag aangeval toe hulle na die sonsondergang op Fort Klapperkop wou gaan kyk.

‘n Dominee van die Gereformeerde Kerk in Pretoria-Wes is met ‘n mes gewond toe hy en sy verloofde Vrydag Fort Klapperkop toe is om na die sonsondergang te kyk.

Ds. Nikolaas Pienaar (29) sê hy het sy verloofde, Hanlie Kruger (23), laatmiddag by haar Tukkie-koshuis by gaan oplaai. Hulle wou na die sonsondergang oor die stad gaan kyk. “Ons het by die eerste uitkykpunt gestop en met ons piekniekmandjie uit die kar gelim. Ons was nog besig om dit uit te pak toe ek voetstappe naby ons hoor. Ek het omgedraai en voor my was daar drie mans.”

Pienaar sê een van die mans het op hom afgestorm en hom met ‘n mes gesteek. Hy sê hy moes vir sy lewe veg. “Een van die mans het Hanlie gegryp en haar horlosie afgeruk. Die ander wou in my motor klim, maar het uiteindelik weggehardloop toe fietsryers gelukkig verbygery het.”

Pienaar is na die Zuid-Afrikaanse-hospitaal gebring voordat hy vir ‘n operasie by Medi-clinic Kloof opgeneem is. Hy is Sondag uit die hospitaal ontslaan. Kruger is onbeseer.

‘n Saak is by die polisie aangemeld, maar het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button