CrimeLocal newsNews

Vulstasie-aanvaller steeds soek

Polisie steeds op soek na man wat glo vlieënier by vulstasie aangerand het.

Die Garsfontein-polisie is steeds op soek na die man wat ‘n 57-jarige vlieënier by ‘n vulstasie aangerand het.

Danie Hamman van Garsfontein, is op 30 Augustus in die vroeë oggendure by die Gerhaldo Engen-vulstasie deur ‘n jong man gewurg en met die vuis bygedam.

Dié man, wat beweer het sy naam is Hendrik Visagie en dat hy mede-eienaar van die vulstasie is, het hom vermoedelik vir Hamman vererg toe Hamman ‘n woordewisseling oor ‘n staking met personeel by die geriefswinkel gehad het.

Tonie Slabbert, bestuurder van die die vulstasie, het sê hy weet nie wie die man is nie en dat hy beslis nie die mede-eienaar is nie.

In ‘n opname wat Hamman met sy selfoon geneem het, dreig die man dat hy hom drie sekondes sal gee om hom uit die voete te maak voor hy hom sou slaan.

“Ek gee jou drie sekondes anders p*** ek jou brilletjies in jou oë in,” dreig die man.

Hamman sê die man het begin tel, sy (Hamman) se bril van sy kop afgeruk en hom met die vuis teen die regteroog geslaan.

“Ek het op die grond geval en die man het aangehou om my te slaan en te wurg,” beweer Hamman.

Die man het in ‘n silwer Mercedes-Benz C2-model weggery.

Hamman het verskeie kneusplekke aan sy lyf opgedoen en moes sewe steke aan sy mond en lip kry.

Hy het ‘n maand ná die aanval aan Rekord gesê sy nek is nog seer van die wurg.

“Hoewel my uitwendige besering soos my lip en oog genees het, blyk dit nou daar is inwendige skade,” sê Hamman.

“Ek kry aanhoudende hoofpyne en my neus bloei kort-kort.”

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

Lees ook:

VIDEO: Vlieënier by vulstasie aangerand

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button