CrimeLocal newsNews

Moot ontbloter dalk ook bekruiper

'n Man wat 'n inwoner van die Moot vir maande bekruip het is dalk dieselfde man wat hom voor kinders in die omgewing ontbloot en homself dan bevredig.

‘n Vrou van Queenswood lewe in vrees sedert ‘n bekruiper (stalker) haar van Julie vanjaar teister.

Melinda van der Berg was op pad huis toe van die winkel in Kilnerpark waar sy werk, toe die man hom aan haar as ‘Derick’ bekendgestel het en gesê het hy hou haar dop en weet waar sy woon.

“Ek was vreesbevange, want hy het aanhou sê dat hy my ‘pimp’ wil wees en hy weet waar ek werk en woon,” het Van der Berg gesê.

Sy sê ook dat die man, wat volgens haar sowat 40 jaar oud lyk, haar gereeld in sy motor, ‘n wit bakkie, van haar werk agtervolg.

Volgens haar agtervolg hy haar tot sy alleen is en dan probeer hy met haar praat en vaskeer.

“Dit het so erg geraak dat ek te bang was om huis toe te gaan en volgens die polisie kan hulle niks aan die man doen tensy hy my fisies aanrand of iets nie. Dit is baie skrikwekkend.”

Van der Berg is seker dat die man wat haar die laaste paar maande agtervolg en teister, dalk dieselfde man kan wees wat homself aan skoolkinders ontbloot en homself dan bevredig.

Sy sê hoewel hy hom nog nooit voor haar ontbloot het nie, hy hom vinnig uit die voete maak die oomblik as sy haar foon uitgehaal en hom probeer afneem.

Van der Berg sê ‘n vrou wat saam met haar werk het sowat ‘n jaar gelede ‘n soortgelyke ondervinding met dieselfde man gehad.

“Dit is ‘n gevaarlike man wat tot enigiets in staat kan wees. Ek dink regtig dat hy die soort mens is wat rondry en vroue en kinders soek om te teister,” het sy gesê.

Volgens Villieria-polisiewoorvoerder, kaptein Coba Brits, bied die Beskerming teen Teistering Wet 2011 (Wet No 17 van 2011) vir slagoffers van hierdie soort bekruipery geleentheid om vir ‘n beskermingsbevel teen die bekruiper in die hof aansoek te doen.

Omdat dit soms lank kan neem om so ‘n beskermingsbevel te bekom, maan Brits dat mense paraat moet wees, nie elke dag dieselfde pad moet loop of ry nie en om dalk saamrygeleenthede of stapgroepe moet stig sodat hulle nie alleen is en moontlik slagoffers word nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

Lees ook:

Man ontbloot hom aan kind

Man wat hom ontbloot skok skooldogters

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button