CrimeLocal newsNews

Vier vas, drie op vrye voet na mislukte Spar-inbraak

Drie gewapende mans is nog op vryevoet nadat hulle by die Mnandi Spar in Centurion ingebreek het.

Drie gewapende mans is op vrye voet en vier in aanhouding nadat hulle by die Mnandi Spar in Centurion ingebreek het.

Volgens Theo Petzer, bedryfsbestuurder van MonitorNet, het die sewe mans Dinsdag (30 September) in die vroeë oggendure by die Spar ingebreek. “Hulle het die sinkplate oopgesny en deur die plafon geklim. Gelukkig het die alarm dadelik afgegaan en ons reaksie-voertuie is ontbied.”

Die sewe mans het te voet gevlug en lede van MonitorNet het hulle agternagesit. Die rowers het skote in MonitorNet se rigting geskiet, maar niemand is beseer nie.

Vier van die mans is in die veld langs die Spar vasgetrek, maar drie het weggekom.

Petzer sê die rowers het te min tyd gehad om enigiets te steel, maar MonitorNet het op ’n ongelisensieërde vuurwapen beslag gelê.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button