CrimeNews

Haastige boewe los wegkomvoertuig in oprit

Drie mans het hulle wegkomvoertuig in die oprit van 'n huis gelos toe hulle vermoedelik deur die sirene van 'n paniekknoppie afgeskik is.

Drie boewe het Woensdag (1 Oktober) hul wegkomvoertuig in die oprit van ‘n huis in Picassostraat, Moreletapark gelos toe die huishulp ‘n paniekknoppie gedruk en die mans vermoedelik die skrik op die lyf gejaag het.

JP Griesel, bestuurder van Bull Security, het gesê die mans het omstreeks 12:00 die elektriese motorhek oopgedwing en toegang tot die huis gekry.

Dit is onseker of die mans gewapen was.

“Die mans het die huishulp gekonfronteer en sy het die paniekknoppie gedruk,” het Griessel gesê.

Hulle het hul vermoedelik uit die voete gemaak toe die loeiende sirene hulle verras het. Die swart Ford Fiesta waarin hulle gery het, is by die toneel gelos.

Polisiewoordvoerder Adjudant-offisier Dave Miller het gesê die voertuig is vermoedelik ‘n gesteelde een. “Niemand is beseer nie en niks is gesteel nie.”

Garsfontein-polisie ondersoek die saak.

Vir meer nuus, besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button