CrimeNews

Slim vang sy baas

Vermeende diewe loop hul vas teen oplettende polisielede.

Drie diewe het hul Moses vanmiddag teëgekom toe op-en-wakker Silverton-polisielede hulle op heterdaad betrap het.

Die polisie het die drie mans, al drie in hul 20s, vir huisbraak en diefstal asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in Waltloo omstreeks 15:00 in hegtenis geneem.

Volgens Kaptein Matthew Maheso, polisiewoordvoerder, het die twee mans by ‘n huis in Brandwagstraat ingebreek.

“Die bure het die mans opgemerk en die huiseienaar dadelik in kennis gestel. Hy was nie by die huis tydens die voorval nie.”

Die diewe het in ‘n wit Toyota Tazz gevlug, maar oplettende polisielede het die verdagte voertuig opgemerk.

Die mans was op pad na Mamelodi se rigting.

Die polisie het hulle begin jaag waarna hulle die twee mans naby die Masakhane-brug in Waltloo vasgetrek het.

Twee van die mans is in hegtenis geneem en die ander een is nog op vrye voet.

Volgens Maheso het die polisie ‘n plasma-TV, ‘n DVD-speler en verskeie ander goedere in die voertuig gekry. Die eienaar het van die goedere uitgeken.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button