CrimeLocal newsNews

Motoris steeds in hospitaal ná skietvoorval

Man steeds in hospitaal nadat sewe rowers hom skiet nadat hy sy hoofligte flits.

‘n Man wat verskeie kere verlede Donderdag in Sinoville geskiet is, lê steeds in ‘n kritieke toestand in die Steve Beko hospitaal.

Lambert Vorster (40) het minwetend sy hoofligte geflits vir sewe gewapende mans wat pas ‘n MTN winkel in Wonderboom Junction beroof het. Die mans was besig om van die toeneel af te vlug deur Safeko Makgatho rylaan in Sinoville, toe Vorster sy hoofligte vir hul geflits het.

Volgens ‘n woordvoerder van die Sinoville polisie, Mirna Von Benecke, het die man sy hoofligte geflits vir die motors omdat hulle roekeloos bestuur het. Die twee verdagte voertuie wat weggejaag het was ‘n silver Jetta en ‘n silver Tazz.

Vorster is Donderdagaand in die Steve Biko-hospitaal opgeneem. Vorster se vrou het gese dat hulle van Donderdagaand tot Sondag gesukkel het om ‘n dokter vir Vorster te kry. Vorster was op ‘n waglys geplaas vir ‘n noodoperasie omdat daar blykbaar geen teaters beskikbaar was nie.

Vorster se vrou het by Jack Bloem van die Demokratiesie Aliansie (DA) van Gauteng vir hulp gevra. Bloem het met die hoof uitvoerende beampte van die hospitaal gepraat en verseker dat Vorster vanoggend (Maandag 6 September) 01:00 aan sy knie geopereer is.

Vorster se vrou se dit is nog baie onduidelik wat sy toestand is, maar dat hulle wel weet dat een van die koeels nog in sy lewer sit en die ander koeel voor by sy knie in en agter uit is.

Also read:

Seven robbers on the run after shooting motorist

Man critical after shooting

Shop robbed in Centurion Mall

Armed robbery at Centurion Mall

Second robbery at Kolonnade shop

Armed robbery at Kolonnade shopping centre

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button