CrimeLocal newsNews

Rower val gesin in huis aan

Man val gesin met skroewedraaier in huis aan. Vlug met slegs ’n selfoon en skootrekenaar.

Die laaste ding wat ’n mens 02:45 in die oggend verwag, is om deur ’n rower met ’n skroewedraaier aangeval te word.

Willem Bester (69) van Wonderboom-Suid se vinnige reaksies het hom gered toe hy die hoofslaapkamerdeur in ‘n rower se gesig toegeslaan het voordat die inbreker hom met ’n skroewedraaier kon steek.

Bester en sy 41-jarige dogter, Aletta de Beer, het dié naweek by sy verloofde, Lynne Willemse (54), in Wonderboom-Suid gaan gekuier.

Bester het Maandagoggend ’n geluid gehoor en besluit om ondersoek in te stel. Net toe hy by die hoofslaapkamer uitloop, het ’n inbreker hom met ’n skroewedraaier prober aangeval.

Die rower het toegang tot die huis gekry nadat hy die waskamer se venster oopgebreek en die diefwering oopgebuig het.

“Ek het daarin geslaag om hom weg te stamp en die slaapkamerdeur toe te slaan. Ek het gemaak asof ek ’n vuurwapen het en hom gedreig dat ek hom gaan skiet as hy ons nie uitlos nie.”

Die rower het toe by De Beer se slaapkamer ingestorm en probeer om haar trouring van haar vinger af te ruk, maar die inbreker het nie verwag dat sy sou terugveg nie.

“Sy het hom geskop en geslaan. Toe hy besef hy gaan nie by haar regkom nie het hy gevlug. Hy het by die kombuisdeur uitgehardloop. Al wat hy kon gryp was ’n selfoon en ’n skootrekenaar,” het Bester gesê.

Moot-polisie kon teen druktyd nog nie die voorval bevestig nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button