Dieselfde kragkabels gesteel in drie dae
Dieselfde kragkabels geteel in drie dae

Inwoners van Suiderstraat in Pretoria-Noord is vir die tweede keer binne slegs drie dae weer in die donker gelaat nadat kragkabels in dié straat weer gesteel is.
Die kabels wat die eerste keer in die vroeë oggendure van Sondag gesteel is, is reeds teen Sondagmiddag vervang waarna die splinternuwe kabels weer vanoggend (Dinsdag) gesteel is.
Volgens Demokratiesie Aliansie (DA) raadslid, Dana Wannenburg is daar wel twee verdagtes maar hy sê dat daar nog niemand in hegtenis geneem is nie.
Wannenburg maan inwoners om op die uitkyk te wees vir kragkabels wat skielik nie meer daar is nie. “Sodra die krag afgaan of uitskop by mense se huise of besighede moet hulle onmiddelik hul rekeningnommer saam met die word “Tower” na 082 612 0333 stuur,” het Wannenburg gesê.
