CrimeNews

Man ontbloot homself aan tiener-meisie, nadat hy haar beroof het

Man ontbloot homself na rooftog.

Asof dit nie erg genoeg is dat ‘n skelm die skootrekenaar van ‘n jong meisie uit haar hande gegryp het nie, het hy himself boonop onsedelik aan haar ontbloot.

Monique Kloppers (16), ‘n leerling van Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria Noord het verlede Dinsdag van die skool af na haar huis toe gestap, toe sy onkant betrap en beroof is.

Volgens Magda Schlebush, die ma van Kloppers, het Kloppers oppad van die skool af ‘n verdagte Wit Uno opgemerk. ’n Man het uit die Uno geklim en by haar verby gedraf.

Kloppers het vinniger begin loop omdat sy onraad vermoed het. Nadat Kloppers deur die hek van haar woning in Bessiestraat geloop het, was die man wat by haar verby gedraf het, skielik agter haar.

Die man het Kloppers se skootrekenaarsak van haar skouer afgeruk. Kloppers het onmiddelik begin skree maar die man het haar vinnig stil gemaak deur haar in die gesig te klap. Die man het daarna vinnig omgedraai en na dieselfde wit Uno gehardloop wat vir hom gewag het oorkant die straat.

Net voor die man in die voertuig geklim het, het hy homself ontbloot aan Kloppers en vir haar gesê dat hy geen vuurwapen nodig het as hy reeds sy geslagsdele as ‘n wapen het nie. Die man en twee ander verdagtes wat in die voertuig was, het daarna weggejaag. Die voertuig het geen nommerplate gehad nie.

Niemand is nog in die verband in hegtenis geneem nie.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button